Thandiswe se groot droom
Thandiswe droom daarvan om haar eie ‘mini restaurant’ by haar huis te open. Sy wil tradisionele kos op ‘n vars moderne manier bedien. Om die vermorsing van kos uit te skakel wil sy ‘n sopkombuis vir arm mense, inkorporeer as deel van haar besigheidsplan. U maatskappy bydrae vir ‘SED of Skills Development’ punte kan daardie droom vir haar bewaarheid!
Thandiswe is ‘n 33-jarige ma van twee, wat in die verarmde Zola area van Soweto woon. Sy deel ‘n huis met 13 familielede. Al die volwassenes is werkloos en hulle oorleef op haar ma se klein pensioentjie, kospakkies en donasies van tweedehandse klere.
Sy kan haar omstandighede verbeter met die opleiding wat beskikbaar is by die Emdeni Vaardigheidsentrum. Sy was bitter teleurgestel om te verneem dat die ge-akkrediteerde assistent-sjef-kursus vol bespreek was vir 2020. Toe skryf sy maar in vir die geakkrediteerde teël- en verfkursus. Sy reken sy kan die vaardighede gebruik om haar restaurant op te kikker. En so het sy toe wel haar plek in die Sjef-kursus vir 2021 gereserveer.
Die Emdeni Vaardigheidsentrum is afhanklik van donateursbefondsing om hulp en ‘n uitkoms te bied aan mense soos Thandiswe. U kan haar ‘n kans gee om haar drome te verwesentlik. Thandiswe het u hulp nodig.
U maatskappy bydrae kan vir Thandiswe op haar voete kry en vir u broodnodige ‘Skills Development of SED’ punte op u telkaart verdien. Dit sal ook al die werk wat by die Emdeni sentrum gedoen word om werklose jongmense te help, ondersteun.
Maak u bydrae HIER